# Sokker: Die Egiptiese klub Al Ahly het die gewese baas van Orlando Pirates, José Riveiro, as sy nuwe hoofafrigter aangestel. Die Spanjaard het toestemming gekry om sy kontrak met die Buccaneers vroeg te beïndig en hy is daar weg met 80 oorwinnings, 26 gelykopwedstryde en 26 verloorwedstryde uit ‘n totaal van 132 wedstryde. Riveiro word sommer dadelik in ‘n moeilike situasie geplaas met die FIFA-wêreldbeker wat op 14 Junie in Amerika begin. Al Ahly is Afrika se suksesvolste klub en speel in groep A saam met Inter Miami, Palmeiras en FC Porto.
Sokker: Al Ahly bevestig José Riveiro is sy nuwe hoofafrigter