Skip to content

Tennis: Sabalenka deur na derde ronde in Franse Ope, Tsitsipas uitgeskakel

# Tennis: Die eerste-gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring met haar oorwinning oor Jil Teichmann van Switserland. Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, het die Brit Emma Raducanu maklik geklop, terwyl verlede jaar se naaswenner, Jasmine Paolini van Italië, die Australiër Ajla Tomljanovic verslaan het. In die mansafdeling het die Italianer Matteo Gigante die Griek Stefanos Tsitsipas in vier stelle uitgeskakel. Die Amerikaners Tommy Paul en Frances Tiafoe is ook deur na die laaste 32.