# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die toepassing van die beplande 100-miljard-rand Transformasiefonds sal bestaande pogings tot ekonomiese insluiting skaad. Die doel van die fonds is om deelname van ondernemings in swart besit en gemarginaliseerde groepe te bevorder. Die sentrum het ‘n voorlegging aan die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging oor die konsepdokument van die fonds gedoen. Die uitvoerende hoof, Ann Bernstein, sê die voorstel van die fonds berus op ‘n onakkurate beoordeling van wat transformasie benodig.
Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê Transformasiefonds kan swartbemagtiging skaad