# Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika het vir die hooftrekking van die Franse Ope gekwalifiseer na hy die veteraan Marin Cilic van Kroasië in sy laaste kwalifiserende wedstryd geklop het. Cilic het die Amerikaanse Ope in 2014 gewen en was die wêreld nommer-drie. Harris het die afgelope tyd met beserings gesukkel wat hom van 31 tot 226ste op die wêreldranglys laat teruggesak het. Sedert hy na mededingende tennis teruggekeer het, het hy gesukkel om weer op dreef te kom. Harris het Sondag ‘n taai wedstryd teen die 17de-gekeurde Rus Andrey Rublev.
Tennis: Lloyd Harris van SA kwalifiseer vir Franse Ope-hooftrekking