Skip to content

Tennis: Amerikaanse Ope se perseel word omvattend opgeknap

# Tennis: Die Amerikaanse Tennisvereniging sê die Billie Jean King Nasionale Tennissentrum waar die Amerikaanse Ope plaasvind, gaan teen ʼn koste van 14,47-miljard-rand opgeknap word. Dis die grootste enkele belegging in die geskiedenis van die Amerikaanse Ope. Dit sluit in die modernisering van die Arthur Ashe-stadion, ʼn nuwe, hipermoderne spelerprestasiesentrum, en twee nuwe vlakke vir luukse suites. Die bouwerk wat in 2027 voltooi sal wees, sal in drie fases gedoen word sonder om die Amerikaanse Ope van 2025 en 2026 te ontwrig.