# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga het ‘n versoek gerig vir benoemings vir die Militêre Veterane Appèlraad. Belanghebbendes, veteraneverenigings en belangegroepe word aangemoedig om name van mense wat kwalifiseer, in te dien. Die raad oorweeg appèlle van veterane, gee advies oor regssake en doen verslag aan die minister en die Parlement. Minstens een van die lede moet ‘n regskenner wees met tien jaar ondervinding. Aangesteldes sal ‘n termyn van tot vyf jaar dien met heraanstelling moontlik vir een bykomende termyn.
Minister van Verdediging vra vir benoemings op die Militêre Veterane Appèlraad