# Motorsport: Oscar Piastri van McLaren het gister tydens ’n dramatiese kwalifiseringsessie vir die Emilia Romagna Grand Prix in Imola die voorste wegspringplek verower. Lewis Hamilton het vroeg uit die kwalifiseringsessies uitgeval in sy eerste tuiswedren vir Ferrari, en Yuki Tsunoda van die Red Bull-span het ongedeerd weggestap ná ’n ernstige ongeluk. Piastri het ’n foutlose rondte op presies die regte oomblik afgelê en het die Nederlander Max Verstappen se tyd met net 0,034-sekondes verbeter. Lando Norris kon slegs vierde plek behaal vir McLaren, nadat George Russell sy tyd op die laaste oomblik verbeter het. Russell sal derde wegspring.
Motorsport: Oscar Piastri behaal op nippertjie die eerste wegspringplek vir Grand Prix in Imola