Skip to content

Gauteng gasheer vir geskiedkundige Seunskind-sektor Parlement

# Die Gautengse wetgewer sal vandag sy eerste Seunskind-sektor Parlement in Alberton se raadsaal aanbied ter ere van die Internasionale Dag van die Seunskind. Die geleentheid onder leiding van die speaker, Morakane Mosupyoe, sal poog om seuns te bemagtig om betrokke te raak by kwessies soos geslagsgeweld, vaderskap, kultuur en tegnologie. Die platform is daarop gemik om verantwoordelike jong mans te vorm en hulle rol in die bou van ‘n geweldvrye samelewing aan te moedig met regstreekse dialoog met regeringsleiers.