Skip to content

Krieket: Reuse-verhoging in prysgeld vir die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap

# Krieket: Daar is meer as net roem op die spel in volgende maand se eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap tussen Suid-Afrika en Australië in Londen. Die Internasionale Krieketraad het ’n groot verhoging in prysgeld aangekondig: die wenspan sal meer as 65-miljoen-rand ontvang en die verloorspan byna 38-miljoen-rand – meer as wat Australië twee jaar gelede as kampioen ontvang het. Die IKR sê die verhoging wys dat hulle probeer om voorkeur te gee aan die langste formaat van die spel. Die wedstryd word vanaf 11 Junie op Lord’s gespeel.