# Krieket: Die gasheer, Royal Challengers Bengaluru, en Kolkata Knight Riders pak mekaar môre wanneer die Indiese Premierliga na ‘n week hervat. RCB is tans tweede op die punteleer na Gujarat Titans, met beide spanne wat slegs een oorwinning nodig het om te kwalifiseer vir die uitspeelwedstryde. Gujarat speel môre teen Delhi Capitals. Die ander spanne wat steeds in die wedloop is, is Punjab Kings, Mumbai Indians, Delhi, KKR en Lucknow Super Giants. Sunrisers Hyderabad, Rajasthan Royals en Chennai Super Kings kan nie meer kwalifiseer nie.
Krieket: RCB, KKR hervat môre IPL ná week se uitstel