# Die DA in die Oos-Kaap sê die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het in die eerste kwartaal van vanjaar slegs nege vragte voedselpakkies aan skole afgelewer. Dit behels twee vragte in Januarie en sewe in Maart, ondanks ’n begroting van 6,1-miljoen-rand. Marlene Ewers van die DA noem dit ’n katastrofiese mislukking te midde van die verergerende kostekort. Sy eis ’n dringende oudit en maandelikse verslagdoening, en waarsku dat ‘n gebrek aan optrede lewens kos terwyl wanvoeding onder kinders aanhou styg.
DA beweer net nege vragte voedselpakkies is in eerste kwartaal aan Oos-Kaapse skole gelewer te midde van kostekort