Skip to content

Krieket: Agt Protea-toetsspelers gaan laaste week van IPL misloop

# Krieket: Agt Protea-toetsspelers wat aan die Indiese Premierliga deelneem, sal die 25ste terugkeer na Suid-Afrika om voor te berei vir die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Australië wat op 11 Junie in Londen begin. Dit beteken hulle sal die IPL se uitspeelwedstryde misloop. Kagiso Rabada, Aiden Markram, Marco Jansen, Lungi Ngidi, Tristan Stubbs, Wiaan Mulder, Ryan Rickelton en Corbin Bosch keer terug, maar David Miller en Heinrich Klaasen is nie deel van die toetsgroep nie en is beskikbaar tot die eindstryd op 3 Junie.