# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie, Khusela Diko, sê Suid-Afrika moet sy verouderde mediawette opdateer sodat digitale platforms soos potgooie beter gemonitor kan word. Diko sê ‘n dringende behoefte bestaan om formele instellings te vestig vir die hantering van aanlyn haatspraak en laster. Diko sê slagoffers kan dikwels nie vervolging bekostig nie. Sy sê potgooie moet onder die land se uitsaaiwetgewing uitgebrei word vir strenger aanspreeklikheid vir inhoud en om geaffekteerde individue in staat te stel om klagte te lê.
Parlement se Kommunikasie-komitee wil strenger potgooi-regulasies instel