# Virginia Giuffre wat die Amerikaanse finansier, Jeffrey Epstein, en prins Andrew van seksuele mishandeling beskuldig het, het selfdood gepleeg. Die 41-jarige Australiër het Epstein en Ghislaine Maxwell in die openbaar van mensehandel beskuldig en beweer sy is gedwing om met hul vriende, insluitend prins Andrew, seks te hê toe sy 17 jaar oud was. Die hertog van York het die bewerings herhaaldelik ontken. Polisie in Wes-Australië sê Giuffre se dood word ondersoek en volgens vroeë aanduidings is haar dood nie verdag nie.
Een van Jeffrey Epstein se bekendste slagoffers, Virginia Giuffre, pleeg selfdood