Skip to content

Rugby: Portia Woodman-Wickliffe van Nieu-Seeland los uittrede om in Vroue-wêreldbekertoernooi te speel

Rugby: Die Nieu-Seelandse vrouevleuel Portia Woodman-Wickliffe het haar uittrede opsy geskuif in die hoop om haar land te help om vanjaar die Wêreldbeker vir vroue die derde agtereenvolgende keer te wen. Die 33-jarige het in Augustus verlede jaar uitgetree nadat sy saam met die Swart Varings-sewesspan hul tweede Olimpiese gouemedalje gewen het. Sy het sedertdien in Japan gespeel en ‘n suksesvolle drie maande by die Blues gehad in die Superrugby Aupiki-reeks. Die Swart Varings se afrigter, Allan Bunting, sê Woodman-Wickliffe sal ’n goeie toevoeging tot die span wees.