# Die UDM in Kaapstad sê hy is is woedend oor beweerde polisie-nalatigheid nadat ‘n verkragtingslagoffer in Khayelitsha haar beweerde aanvaller uitgewys het. Bongani Maqungwana van die UDM sê inwoners het die verdagte aan die polisie oorhandig, maar hy is laat gaan, die ondersoekbeampte is nie ingelig nie en bewysstukke is nie geneem nie. Maqungwana sê die verdagte intimideer die slagoffer en gemeenskap en moet in hegtenis geneem word. Hy sê die slagoffer moet beskerming kry, die voorval moet ondersoek word en die beampte moet geskors word. Hy noem die situasie ‘n growwe skending van geregtigheid.
UDM eis geregtigheid ná polisie-nalatigheid in Khayelitsha-verkragtingsaak