# Rory McIlroy beweeg al hoe nader daaraan om uiteindelik die Meesters by Augusta te wen met ‘n indrukwekkende derderonde-voorsprong van twee houe. Die 35-jarige van Noord-Ierland het gister ses-onder 66 behaal, met twee arende, om ná 54 putjies ‘n telling van 12 onder baansyfer aan te teken. Christiaan Bezuidenhout en Thriston Lawrence van Suid-Afrika het nie deurgedring na die derde ronde nie, terwyl Charl Schwartzel steeds speel vir ‘n plek in die laaste ronde.
Gholf: McIlroy op pad na Grand Slam by die Meesterstoernooi