Skip to content

Rugby: Springbok-ster Damian Willemse moontlik op pad na verre lande

# Rugby: Die Ierse span Leinster het blykbaar hulle visier op Springbokke-ster Damian Willemse gestel as as ‘n moontlike plaasvervanger vir All Black Jordie Barrett wat die span verlaat. In wat nog ‘n merkwaardige slag vir die Ierse reus sal wees, is die tweemalige Rugby Wêreldbekerwenner op hul radar. RugbyPass voer aan dat alhoewel Willemse tot 2027 onder kontrak by die Stormers is en een van die hoogsbetaalde spelers in die land is, kan hy moontlik weggerokkel word.