Skip to content

EFF verwerp misleidende inligting met betrekking tot BTW verhoging

# Die EFF sê hy verwerp wat hy beskryf as die ongevraagde, bevooroordeelde, misleidende en onlogiese redenasie wat aangebied is deur die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Joe Maswangany. In sy opmerkings in die Nasionale Vergadering, het Maswanganyi gesê dat die fiskale raamwerk afsonderlik is van die aanvaarding van die inkomste wetsontwerp wat BTW sal verhoog. Hy’t gesê dat die stemming oor die fiskale raamwerk nie dieselfde is nie en niks te doen het met die BTW-verhoging nie. Die EFF hou vol dat wanneer die Nasionale Vergadering Woensdag bymekaar kom om die fiskale raamwerk te oorweeg en aan te neem, hulle nie die nodige ondersteuning sal hê nie.