Skip to content

Tennis: Djokovic op die rand van sy honderdste titel in die Miami Ope

Tennis: Novak Djokovic het Grigor Dimitrov uitgeskakel om vir die eerste keer sedert 2016 die eindstryd van die Miami Ope te bereik – net een oorwinning weg van sy honderdste ATP-titel. Dimitrov, van Bulgarye, het op Djokovic se afslaan deurgebreek, maar die Serwiër het teruggeveg en met vyf agtereenvolgende potte die eerste stel gewen. Dimitrov het die tweede stel wankelrig begin, en Djokovic het dit benut en Dmitrov met 6-2, 6-3 geklop. Die 24-malige Grand Slam-kampioen speel môre in die eindstryd teen die 19-jarige Jakub Mensik van Tsjeggië, wat Taylor Fritz van Amerika geklop het.