# Owerhede by Brittanje se Heathrow-lughawe sê die lughawe sal vandag gesluit wees na ‘n reuse brand by ‘n nabygelëe elektriese substasie, wat ‘n massiewe kragonderbreking by Heathrow veroorsaak het en vlugroosters regoor die wêreld ontwrig het. Die Londense Brandweer sê sowat 70 brandweermanne is besig om die brand in die weste van Londen te bestry. Heathrow is die besigste lughawe in Europa en die wêreld se vyfde-besigste. Ongeveer 150 mense is uit nabygeleë geboue ontruim en duisende eiendomme is sonder krag.
Reuse brand sluit Heathrow-lughawe en ontwrig wêreldvlugroosters