# Die Amerikaanse president Donald Trump het gister grootskaalse militêre aanvalle op Jemen se Iran-verbonde Houthis uitgevoer oor die groep se aanvalle op skeepsvaart in die Rooisee. Minstens 31 mense is reeds dood in die veldtog wat na verwagting baie dae kan duur. Trump het ook Iran, die grootste ondersteuner van die Houthis, gewaarsku om onmiddellik op te hou om die groep te help. Reuters berig volgens ‘n Amerikaanse amptenaar kan die aanvalle weke duur. Dit is Amerika se grootste militêre operasie in die Midde-Ooste sedert Trump in Januarie president geword het.
Trump voer grootskaalse aanvalle op Jemen se Houthis uit, minstens 31 dood