# Die ANC in Groter Johannesburg verwelkom president Cyril Ramaphosa se aanstel van ‘n Presidensiële Werksgroep in Johannesburg om diensleweringsuitdagings hok te slaan. Hierdie werksgroep het ten doel om bestuur, infrastruktuur en finansiële bestendigheid te versterk deur samewerking tussen alle regeringsvlakke en belanghebbendes. Volgens Ramaphosa moet die werkgroep op sleutelareas fokus, insluitend elektrisiteit, veiligheid, water en stedelike ontwikkeling. Die ANC vra inwoners om hierdie pogings te ondersteun vir ‘n veilige en welvarende Johannesburg.
ANC in Groter Johannesburg verwelkom ingryping om dienslewering aan te pak