Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 October 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Korttermyn-skuld en huis- of motoruitgawes is die hoofredes vir tweepot-aftreestelsel-onttrekkingsversoeke
# Giwusa versoek die regering om die stygende lewenskoste en hongerkrisis aan te pak
# En, tennis: ‘n Plaaslike promotorskeuse skok Rublev en is deur na die halfeind van die Chinese Ope
# Die twee-pot-inligting vir Discovery se korporatiewe en werknemersvoordele toon korttermynskuld teen 21-persent en huis- en/of motoruitgawes teen 24-persent, is die hoofredes vir onttrekkingsversoeke. Die hoof van kommersiële sake, Guy Chennells, beklemtoon talle eisers het fondse ook vir onderwys gebruik, teen 20-persent. Die meeste onttrekkings was onder mense tussen 35 en 45, met digitale platforms wat die voorkeurmetode is om versoeke in te dien. Die nuwe aftreestelsel gee toegang tot ‘n derde van spaargeld vir korttermynbehoeftes.
# Die Algemene Nywerheidsvakbond, Giwusa, versoek die regering om die stygende lewenskoste en toenemende hongerkrisis aan te pak. Hulle voer aan die jongste huishoudelike bekostigbaarheidsaanwyser toon voedselpryse styg, wat dit moeiliker maak vir gesinne om noodsaaklikhede te bekostig. Die vakbond maak voorspraak vir ‘n minimumloon van 15-duisend-rand, ʼn universele basiese inkomstetoelaag, en beter regulering van voedselpryse om sukkelende gemeenskappe te ondersteun. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê werkerslone en maatskaplike toelaes hou nie tred met inflasie nie:
# Die regerings van Suid-Afrika en Lesotho sê hulle is voorbereid op die sluiting van ses maande van die Lesotho Hoogland-waterprojektonnel. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en Lesotho se minister van Natuurlike Hulpbronne, Mohlomi Moleko, vra mense om gedurende hierdie tyd saam te werk om water en energie te bespaar ten einde ontwrigtings te beperk. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement, Mandla Mathebula, sê omvattende maatreëls is ingestel om watersekerheid regdeur die instandhoudingswerk te verseker:
# Qatar Airways wil ‘n aandeel van 25-persent in Virgin Australia bekom. Dit volg nadat hy onlangs ʼn soortgelyke belang in die Suid-Afrikaanse lugredery, Airlink, gekoop het − ʼn strategiese stap om sy teenwoordigheid in die globale suide uit te brei. Die belegging sal waarskynlik mededinging vergroot in lugvaartmarkte in Afrika en Australië, wat aan reisigers meer reiskeuses en waarde sal bied. Die stap versterk ook die finansiële veerkragtigheid van Virgin Australia, wat teen middel volgende jaar met langafstand internasionale vlugte sal begin. Die verkryging is onderhewig aan reguleringsgoedkeuring.
# Tennis: Die plaaslike promotorskeuse, Bu Yunchaokete, speel vandag teen die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, in die halfeindronde van die Chinese Ope in Beijing. Die 22-jarge Bu het die wêreld-nommer-ses, Andrey Rublev van Rusland, in skoon stelle geskok nadat hy vroeër ook die wêreld-nommer-19, Lorenzo Musetti van Italië, uitgeskakel het. Sinner het deurgedring toe hy die Tsjeg Jiri Lehecka verslaan het. Hy of Bu speel in die eindstryd teen Carlos Alcaraz van Spanje, wat die Rus Daniil Medvedev in die ander halfeindstryd verslaan het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-43-dollar-39-sent. Die prys van goud is twee-duisend-648-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….