Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 31 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku klimaatsverandering sal in die komende jare waarskynlik ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie hê. Natuurrampe soos die onlangse winterstorms in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal raak erger en kom meer gereeld voor. Kganyago sê as deel van die poging om die uitwerking van klimaatsverandering te verstaan en te bekamp, sal klimaatverwante risiko’s toenemend deel wees van die Reserwebank se strestoets-scenarios.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Bioverskeidenheid het professor Albert Modi van die Walter Sisulu-universiteit aangestel om betrokke te raak by ‘n Ekostelsel-aanpassingsprojek vir boere op kleinhoewes. Die projek is gemik op die hervorming van kleinhoewe-boerderystelsels wat kwesbaar is vir die uitwerking van klimaatsverandering en hulle in staat stel om voedsel te produseer en te help met voedelsekerheid in die land. Die universiteit sê Modi sal as deel van die projek help met produktiwiteitsuitdagings in die Oos-Kaapse land- en marine-ekostelsels.
# En ten slotte: Die omgewingsbelangegroep Green Connection het TotalEnergies se aankondiging verwelkom dat hy afstand gaan doen van twee aflandige olie- en gasprojekte in Suid-Afrika. ‘n Filiaalmaatskappy van TotalEnergies het ‘n belang van 45-persent in ‘n gebied aan die land se suidkus waar die Brulpadda- en die Luiperd-veld ontdek is. Lisa Makuala van Green Connection sê beleggings in fossielbrandstowwe wat klimaatsverandering veroorsaak, behoort in die verlede, want daar is genoeg reserwes vir ‘n oorgang na volhoubare energie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….