Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hoof van Pretoria High School for Girls is geskors te midde van rassismebewerings
# Die voormalige ANC NUK-lid Tony Yengeni sê Jacob Zuma sal nie sy uitsetting uit die party ligweg aanvaar nie
# En, rugby: Joe Schmidt sê die Springbokke sal ‘n volgende vlak uitdaging inhou vir die Wallabies
# Die hoof van die Pretoria High School for Girls is geskors. EFF- en ANC-ondersteuners het vandag buite die skool betoog. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane het op ‘n nuuskonfernsie bevestig agt van die twaalf leerders wat betrek word by beweerde rassisme, is prefekte, en gee die versekering hulle pligte en voordele is herroep. Hy sê die adjunkhoof sal waarneem as hoof tydens die skorsing, handende die finale tuguitspraak:
# ‘n Voormalige lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Tony Yengeni, sê oudpresident Jacob Zuma sal nie stilweg sy uitsetting uit die party aanvaar nie. Yengeni, wat Zuma verteenwoordig het op sy tugverhoor, beweer die proses was onregverdig. Zuma is uitgeskop omdat hy die ANC se naam in oneer gebring het toe hy die MK-party onderskryf het. Yengeni het aan die SABC gesê hy glo Zuma is vasbeslote om iets aan die saak te doen:
# Die Departement van Landbou beplan om vee en voer te skenk aan boere in die Oos-Kaap wat hulle skape verloor het. Tot 184 skape het gevrek in veldbrande naby dorpe soos Qumbu. Die adjunk-minister van Landbou, Zoleka Capa, het die betrokke boere besoek. Sy sê haar departement doen alles in sy vermoê om die uitwerking van die brande te help teenwerk:
# Rugby: Die Rugby-kampioenskap skop volgende Saterdag af met Australië wat Suid-Afrika verwelkom in Brisbane, en Nieu-Seeland wat die gasheer is vir Argentinië in Wellington. Die Wallabies het ‘n nuwe afrigter, Joe Schmidt, wat ‘n perfekte rekord het na drie wedstryde. Twee oorwinnings oor Wallis is gevolg deur nog een oor Georgië. Maar Schmidt sê om met die Springbokke mee te ding, sal ‘n heel nuwe uitdaging wees.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-38-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-334-dollar-52-sent. Die prys van goud is twee-duisend-390-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-15-sent per vat.
# En ten slotte: Vandag is die Tiende Wêrelddag teen Mensehandel met die bepaalde tema, Laat Geen Kind in die Stryd teen Mensehandel Agter nie. Kinders verteenwoordig volgens die Verenigde Nasies ‘n aansienlike deel van mense waarmee handel gedryf word met een uit drie slagoffers wêreldwyd ‘n kind. Afrika suid van die Sahara, Noord-Afrika en Latyns-Amerika het die hoogste koerse waar kinders tot 60-persent uitmaak van slagoffers wat aangemeld is. Die VN benadruk daar is pogings om die grondoorsake van kinderhandel aan te pak, asook verbetering van kinderbeskerming en die beëindiging van aanlyn uitbuiting.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….