Nuus 08:00
BULLETIN 27 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA eis afdankings by PetroSA oor ‘n R21-miljard kontrakskandaal
# COSATU verwelkom ‘n suksesvolle AGOA-forum en vra uitgebreide lidmaatskap
# En, die Olimpiese Spele: SA Sewesspan is gereed vir die halfeindstryd teen Frankryk
# Die DA vra die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne Gwede Mantashe om om dringend aandag te gee aan bewerings oor PetroSA se 21-miljard-rand aflandige gaskontrak. Die party is bekommerd oor die staatsonderneming se verkryging en bestuur na aansprake die kontrak is toegeken aan ‘n gelikwideerde maatskappy, Equator Holdings. James Lorimer van die DA eis deursigtigheid en aanspreeklikheid en vra die vervanging van die leierskap van PetroSA as die bewerings waar is:
# COSATU sê hy steun die uitbreiding van Suid-Afrika se lidmaatskap en die skep van ‘n nuwe AGOA as ‘n hupstoot vir die ontwikkeling van Afrika se ekonomie en werkskepping. Dit volg nadat die forum in Washington D.C. afgesluit is. Die woordvoerder Zanele Sabela loof die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging se pogings, met AGOA wat die Suid-Afrikaanse mynbedryf, en die vervaardiging- en landbousektore bevoordeel en 450-duisend werkgeleenthede ondersteun.
# Die nuwe regering in Brittanje het sy uitdaging laat vaar vir lasbriewe vir arrestasie van die Israelse Eerste Minister, Benjamin Netanyahu. Die regering van die voormalige eerste minister, Rishi Sunak, het teenoor die Internasionale Strafhof aangedui dit gaan ‘n versoek om lasbriewe vir Netanyahu en die minister van Verdediging, Yoav Gallant, oor beweerde oorlogsmisdade in Gaza, uitdaag. Brittanje moes teen gister sy vrae by die hof in Den Haag indien maar die nuutverkose Arbeidersregering het aangedui hulle gaan nie voort met Sunak se plan nie.
# Olimpiese Spele: Franse owerhede vermoed anargiste of ultralinkses was moontlik agter die aanvalle gister op die land se hoëspoedtreinnetwerk, wat gelei het tot verkeerschaos voor die openingseremonie gisteraand in Parys. Die staatsbeheerde spoorwegoperateur, SNCF, het bekendgemaak brandstigters het installasies langs die spoorlyne geteiken wat die hoofstad met die weste, noorde en ooste verbind. Na verwagting sal spoorverkeer steeds oor die naweek geraak word. Frankryk het ‘n grootskaalse ondersoek na die voorvalle van stapel gestuur en sekerheidsmaatreëls verskerp:
En rugbynuus van die Spele: Die tussentydse afrigter van die Suid-Afrikaanse sewes, Philip Snyman, sê die span is slaggereed vir die halfeindstryd vandag teen Frankryk in die Stade de France. Snyman wys op die inspirasie van die Wêreldbeker-oorwinning van die Springbokke op dieselfde veld. Sleutelspelers soos Cheslin Kolbe, Kwagga Smith en Kurt-Lee Arendse sal die span na verwagting motiveer. Snyman benadruk die noodsaaklikheid van waagmoed, vasberadenheid en kliniese verdediging:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….