Nuus 11:00
BULLETIN 24 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê die DA se versuim om rassisme aan te spreek stel swart Suid-Afrikaners in gevaar
# Die sterftes van meer as drie-duisend Suid-Afrikaanse kinders onder vyf word met lugbesoedeling verbind
# En motorsport: Verstappen wen die Spaanse Grand Prix met Hamilton wat terugkeer na die podium
# Die EFF veroordeel die DA vir voortgesette rassisme en wit oorheersing. Die party verwys na ‘n video van die DA-leier Ian Cameron met ‘n swartgesmeerde gesig by ‘n AfriForum-betoging in 2012 en ander voorbeelde van rassistiese retoriek deur DA-lede van die Parlement. Die woordvoerder van die EFF Leigh-Ann Mathys sê die DA se optrede en beskerming van sulke leiers bedreig gelykheid en die demokrasie in Suid-Afrika:
# Die families van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs wat reeds 17 maande in Ekwatoriaal-Guinee aangehou word, oorhandig vandag in Midrand ‘n amptelike versoekskrif aan die president van die Pan-Afrikaanse Parlement, Fortune Charumbira. Woordvoerder Shaun Murphy sê hulle versoek die instelling om te help dat Frik Potgieter en Peter Huxham vrygelaat word. Murphy sê die families sal ook vreedsaam betoog:
# Lugbesoedeling het in 2021 na wat berig word die dood van drie-duisend-365 kinders onder vyf jaar in Suid-Afrika veroorsaak, met die verbranding van fossielbrandstof as die grootste oorsaak. Die verslag oor wêreldwye luggehalte dui daarop dat 80-persent van die sterftes binne 28 dae na geboorte voorkom. Meer as 34-duisend van alle kindersterftes word met lugbesoedeling verbind. Wêreldwyd het lugbesoedeling 8,1-miljoen mense in 2021 geëis. UNICEF vra Suid-Afrika om klimaatbeleid wat op kinders fokus is te bevorder in lyn met sy landswye teiken vir Maart 2025.
# Meer as ʼn miljoen mense in die noordelike gebiede van Amerika se Midde-Weste is teen oorstromings gewaarsku nadat swaar reën in verskeie state veroorsaak het dat mense ontruim en gered moes word. Iowa en Suid-Dakota is die ergste getref en sommige riviervlakke sal na verwagting binne die volgende paar dae rekord-hoogtes bereik. Die hewige storms kom voor terwyl dele van die land deurloop onder ʼn week lange hittegolf en temperature in sommige stede tot rekordhoogtes styg. Wetenskaplikes sê uiterste weerstoestande neem toe en vererger weens mensgemaakte klimaatsverandering.
# Motorsport: Red Bull se driemalige wêreldkampioen, Max Verstappen het gister die Spaanse Grand Prix van McLaren se Lando Norris gewen om sy voorsprong in die wêreldkampioenskap te vergroot. Lewis Hamilton het die derde plek ingeneem by die Barcelona-Catalunya-baan. Dit was Mercedes se sewemalige voormalige kampioen se eerste podiumplek van die seisoen. Vir Verstappen was dit sy 61ste loopbaanoorwinning, sewende van die seisoen, en vierde op die baan waar hy in 2016 as tiener die eerste keer op die F1-toneel verskyn het. Die Nederlander jaag oor ‘n week in Red Bull se tuisren in Spielberg.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-7-sent teen die dollar, 19-rand-35-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-192-dollar-45-sent. Die prys van goud is twee-duisend-322-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….