Nuus 09:00
BULLETIN 20 Junie 9 vm
Goeiemôre/. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hoop word uitgespreek dat die regering van nasionale eenheid aandag gee aan klimaatbestuur
# Krieket: Engeland beïndruk met sy oorwinning met 8 paaltjies oor die Windies in die Super-Agt
# En Brad Pitt se F1-fliek word in Junie volgende jaar vrygestel
# Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut sê hy hoop die regering van nasionale eenheid sal beter energie- en klimaatbestuur in die land bring. Die instituut se woordvoerder, Francesca de Gasparis, sê hulle wil toeganklike en bekostigbare elektrisiteit hê waar die ligte elke dag brand en wat aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar is:
# Die Universiteit Stellenbosch sê hy het ‘n memorandum van verstandhouding met die Spesiale Ondersoekeenheid onderteken om nuwe benaderings en strategieë teen korrupsie by die universiteit te vind. Die US-woordvoerder, Martin Viljoen, sê die memorandum sal fokus op opleiding en navorsing, gemeenskapsbetrokkenheid, die bou van kapasiteit, en uitruiling van inligting en kundigheid:
# ‘n Man sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof in die Vrystaat op ‘n aanklag van strafbare manslag verskyn. ‘n Polisiewoordvoerder, Thabo Covane, sê die 48-jarige man is Dinsdag aangekeer. Die polisie het vroeër ‘n klagte ontvang dat sy 28-jarige vriendin deur twee pitbull-terriërs en twee Rottweilers by sy huis in Namibia Square, Bloemfontein aangeval is. Covane sê het hulle na die toneel gehaas en die slagoffer met ernstige bytwonde aangetref. Nooddienswerkers het haar op die toneel dood verklaar.
# Krieket: Engeland het hulle beste vertoning tot dusver by die T20-Wêreldbeker gelewer deur die Windies in die Super 8-fase met agt paaltjies te klop. Na hulle die onoorwonne mede-gashere tot 180 vir vier op ‘n goeie kolfblad beperk het, het die verdedigende kampioene hulle beurt voltooi met 15 balle oor. Engeland kom in minder as 48 uur teen Suid-Afrika te staan, en sou hulle wen, kan hulle seker wees hulle gaan na die halfeindronde deurdring. Daarna is daar nog ‘n ontmoeting met die verrassingspakket van die toernooi, Amerika, met die twee top spanne in die groep wat deurgaan.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-96-sent teen die dollar, 19-rand-29-sent teen die euro en 22-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-335-dollar-9-sent. Die prys van goud is twee-duisend-341-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-11-sent per vat.
# En ten slotte: Brad Pitt se Formule Een-fliek waarvan die naam nog nie bekend is nie, word volgende jaar op 25 Junie vrygestel. Die fliek se mede-vervaardiger is die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, en die grootste deel is by die Silverstone-renbaan geskiet. Hamilton was baie betrokke by die draaiboek om die fliek so realisties moontlik te maak. Die 60-jarige Pitt speel die rol van ʼn veteraan-renjaer wat ná ʼn lang afwesigheid na die F1-baan terugkeer. Apple het die fliekregte gekoop en die begroting is volgens berigte sowat 2,5-miljard-rand.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….