Nuus 09:00
BULLETIN 13 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ou Mutual sê die markte sal positief reageer op ‘n regering wat beleidsekerheid bied
# Rusland word van oorlogsmisdade beskuldig tydens sy beleg van Mariupol
# En Olimpiese Spele: Spanje het Nadal en Alcaraz in hul droomspan
# Old Mutual Investments sê ‘n regering van nasionale eenheid wat die navolging van ‘n maatskaplike hervormingsagenda balanseer met die aansporing van ekonomiese groei sal steun van die mark kry. Die DA, IVP, Patriotic Alliance en RISE Mzansi het almal aangekondig hulle gaan by die ANC se regering van nasionale eenheid aansluit. Meryl Pick van Old Mutual Investments het aan die SABC gesê hoewel die tydperk ‘n verskuiwing van die politieke landskap aandui, het dit die potensiaal om sommige van strukturele kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar, op te los:
# ActionSA in KwaZulu-Natal sê die verwydering van die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda beklemtoon die dinamika van die ANC-DA-koalisie-ooreenkoms wat voorgee om ‘n regering van nasionale eenheid te wees. Die ANC het Kaunda na die Nasionale Raad van provinsies herontplooi. Zwakele Mncwango van ActionSA, sê die besluit van die ANC is slegs ‘n foefie om die DA se ego te sus, en Kaunda as die offerlam te gebruik:
# Die vakbond vir Korrektiewe Dienstewerkers veroordeel die departement omdat hy homself distansieer van aantygings van bewerings van aanranding van gevangenes. Die vakbond kritiseer die departement oor die verwaarlosing van sy verantwoordelikheid om geregtigheid en mense se waardigheid te steun, en vra regverdige behandeling en rehabilitasie vir aangehoudenes. Die woordvoerder Alude Jizana eis ‘n deeglike ondersoek na aantygings van aanranding en vra behoorlike tugstappe teen beamptes wat skuldig bevind word:
# Olimpiese Spele: Die Franse Ope-kampioene Carlos Alcaraz en Rafael Nadal is gekies vir die Spaanse span vir 2024 se Spele. Die wêreld nommer twee Alcaraz het verlede naweek sy eerste titel op Roland Garros se kleibaan in Parys gewen, waar die Olimpiese toernooi vanaf 27 Julie tot 4 Augustus plaasvind. Afgesien van die enkeIspeltoernooi, sal Alcaraz en Nadal dalk ook aan die dubbelspel deelneem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-42-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-381-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-311-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….