Goeie Nuus
BULLETIN 12 Junie 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Pick n Pay en die Suid-Afrikaanse Agri-inisiatief het saamgespan om steun aan plaaslike boere te versterk, insluitend groter blootstelling aan verbruikers. Dit gaan deur ‘n televisieprogram en borgskap van die Lamb Champs-kompetisie gedoen word. Dié derde jaarlikse kompetisie fokus op lamsvleisprodukte. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê die kompetisie gee verbruikers ‘n groter waardering vir lamsvleisprodukte:
# ‘n Derdejaarstudent in Rekenaarwetenskap aan die Walter Sisulu Universiteit het ‘n toepassing ontwikkel waarmee studente hul weg op die kampus kan vind. Sibulele Ngwane sê die Campus Compass is hoofsaaklik ontwerp om veral nuwe studente te help om lesingslokale en ander geboue op die kampus te vind en sodoende hul spanning te verlig. Hy sê die toepassing is egter meer as slegs ‘n navigasie-hulpmiddel omdat dit ook toewyding simboliseer om elkeen se se akademiese reis aan die universiteit te verbeter.
# Die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Opvoedkunde het ‘n doktorsgraad in Opvoedkundige Leierskap en Bestuur bekendgestel. Dit is die eerste beroepsgraad in dié veld aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit en bied ‘n alternatiewe roete van ‘n toepaslike navorsingsgerigte graad of meestersgraad na ‘n doktorsgraad. Die universiteit sê beroepsopvoedkundiges binne én buite die land sal by die voorgestelde kwalifikasie baat vind en sal help met die hervorming van opvoedkunde in Suid-Afrika.
# Die wêreld se eerste gratis kits-klerewinkel vir hawelose mense wat op enige plek opgestel kan word, Street Store South Africa, vier sy tiende bestaansjaar. Dit is in 2014 as ‘n vennootskap tussen die advertensieagentskap, M&C-Saatchi Abel, en die Haven-nagskuiling in Groenpunt in die lewe geroep. Daar is reeds meer as ‘n duisend Street Stores in 60 lande wêreldwyd gehou en meer as ‘n miljoen mense is so van klere voorsien.
# En, die 25ste weergawe van die Kaapstadse Komediefees het afgeskop. Die maandlange geleentheid spog met optredes deur verskeie plaaslike en internasionale komediante. Daar is nie minder nie as 27 aanbiedings in die Baxter-teater tot 7 Julie. Daar is optredes deur onder andere Dalin Oliver, Khanyisa Bunu, Dillan Oliphant, Sifiso Nene, Kagiso KG Mokgadi en Yaseen Barnes. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die fees bring groot vreugde:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….