Nuus 06:00
BULLETIN 11 Junie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Vliegtuig met Malawi se vise-president en nege ander aan boord word vermis
# Business Leadership SA sê die koalisievennote het die kans om vertroue te hervestig
# En krieket: Die Proteas is op die punt om hul plek in die T20 Wêreldbeker Super-agt te verseker
# ’n Vliegtuig met Malawi se visepresident Saulos Chilima en nege ander mense aan boord het vermis geraak nadat dit nie gister volgens skedule geland het nie. Die presidensiële kantoor sê die Malawi-weermagvliegtuig het van die radar af verdwyn nadat dit die hoofstad, Lilongwe, verlaat het. Chilima was op pad om die regering te verteenwoordig by die begrafnis van ‘n voormalige kabinetsminister, Ralph Kasambara. Die president van Malawi, Lazarus Chakwera het alle agentskappe opdrag gegee om ‘n onmiddellike soek-en-reddingsoperasie uit te voer.
# Business Leadership South Africa sê politieke partye moet ‘n ooreenkoms sluit wat burgers oortuig dat dit doeltreffende regering ondersteun. Die ANC het ‘n regering van nasionale eenheid voorgestel nadat hy nie daarin geslaag het om ‘n parlementêre meerderheid te kry nie. Die hoofbestuurder van BLSA, Busiswe Mavuso sê koalisievennote het nou ‘n geleentheid om vertroue te vestig. Sy sê daar is ‘n behoefte aan hervormings om voortdurende beurtkrag te stuit, die probleme by hawens en die spoorweë aan te spreek en die doeltreffendheid van die strafregstelsel te verbeter.
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die korrupsiesaak teen die voormalige hoof van Misdaadintelligensie Richard Mdluli en sy twee medebeskuldigdes tot 7 Oktober vir verhoor uitgestel. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat Henry Mamothame het bevestig die drie mans staar aanklagte van bedrog- en korrupsie-aanklagte in die gesig, vir die beweerde plundering van Staatsekerheid se geheime fonds tussen 2008 en 2021:
# Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda sê die toestand van die stad se elektrisiteitsinfrastruktuur is betreurenswaardig, as gevolg van die druk van onwettige verbindings. City Power het begin met ladingsvermindering in verskeie gebiede van die stad om die elektrisiteitsinfrastruktuur te beskerm. Meer as 80 gebiede word geraak. Gwamanda sê die netwerk is nou op ‘n kritieke vlak as gevolg van die aanvraag, wat hoër is as wat die toerusting kan weerstaan:
# Mynvakbonde dreig met ‘n reusestaking by Sibanye-Stillwater nadat 213 werkers afgedank is omdat hulle verlede week in Rustenburg deelgeneem het aan ‘n ondergrondse sitstaking. Die rede was ‘n versetoptrede oor ‘n werknemer-aandele-eienaarskapskema. Die mynbouvakbond Amcu en die Nasionale Unie van Mynwerkers eis die onmiddellike herinstelling van die werkers wat afgedank is. Die vakbonde waarsku daar kan ‘n volskaalse staking plaasvind indien daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie.
# Krieket: Suid-Afrika is op die punt om vir die Super-agt te kwalifiseer in die T20-Wêreldbekertoernooi. Dit volg na ‘n oorwinning met vier lopies oor Bangladesj in Groep D in New York. ‘n Vennootskap van 79 lopies om die vyfde paaltjie tussen Heinrich Klaasen en David Miller het die Proteas gehelp om tot 113 vir ses te herstel nadat hulle vier vroeë paaltjies afgestaan het. In antwoord het Keshav Maharaj drie paaltjies laat val met Bangladesj wat 109 vir sewe in hul 20 boulbeurte behaal het. Klaasen, die speler van die wedstryd, sê die kragmeting gee hulle selfvertroue:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-416-dollar-35-sent. Die prys van goud is twee-duisend-307-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….