Eko-minuut 13:30
BULLETIN 3 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Oos-Kaapse regering sê hy is vasbeslote om ondersteuning te bied aan gesinne wat hul huise en besittings verloor het, en wat dringend voedsel, water en skuiling benodig. Verskeie dele van die provinsie is die naweek deur swaar reën getref. Die woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die Buffalo City- en die Nelson Mandelabaai-metro is die swaarste geraak:
# ‘n Stekelrog wie se “maagdelike” dragtigheid wêreldnuus gemaak het, het ‘n seldsame voortplantingsiekte. Die Akwarium en Haai-laboratorium in Noord-Carolina sê Charlotte het waarskynlik dragtig geraak weens partenogenese, waar die vroulike eier deur haar eie selle bevrug word. Charlotte het in Februarie opslae gemaak toe die akwarium aangekondig het sy dra tussen drie en vier kleintjies, hoewel sy agt jaar lank geen kontak met ‘n mannetjie gehad het nie. ‘n Stekelrog dra haar kleintjies op haar rug.
# En, ‘n klein deel van die Britte wat die meeste verdien, is verantwoordelik vir sewe keer meer kweekhuisgas-uitlatings met hulle reise en vervoer as die gemiddelde mens. ‘n Verslag van die links-leunende IPPR-dinkskrum het bevind die een-persent met ‘n gemiddelde salaris van minstens 3.8-miljoen-rand per jaar, is verantwoordelik vir minstens sewe keer meer uitlatings as gemiddelde verdieners en13-keer meer as dié wat die minste verdien. ‘n Debat word gevoer oor of Brittanje ‘n heffing moet instel vir dié wat dikwels vlieg om die koolstof-intensiewe manier van reis te beperk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….