Nuus 09:00
BULLETIN 24 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Koalisieregering kan Suid-Afrika help om sy uitdagings te oorkom
# Cosatu verwelkom die ANC se verbintenis tot ‘n universele basiese inkomstetoelaag
# En, vier mense is dood en talle word steeds vasgekeer nadat ’n gebou in Spanje intuimel
# Die welbekende toekomskundige, Clem Sunter, sê die verkiesing bied ‘n geleentheid vir ‘n nuwe hoofstuk en die pad vorentoe vereis gesamentlike optrede. Suid-Afrika gaan volgende Woensdag na die stembus in ‘n verkiesing waarin die ANC sy meerderheid vir die eerste keer kan verloor sedert hy in 1994 aan die bewind gekom het. Sunter sê ‘n koalisieregering tussen die ANC en kleiner partye kan die beste geposisioneer wees om ‘n samewerkende benadering te skep wat nodig is om die land se uitdagings te oorkom:
# Cosatu het die ANC se voorneme verwelkom om ‘n universele basiese inkomstetoelaag te betaal, insluitend om die beleid en finansiële raamwerk vir die inkomende regering te vestig. Suid-Afrika het goed gevaar onder ‘n ANC-regering om te verseker daar is een of ander maatskaplike verligtingshulp vir 27-miljoen van die land se armste inwoners. Matthew Parks sê die voorgestelde toelaag sal ‘n noodsaaklike rol speel om te verseker niemand word sonder ‘n inkomste gelaat nie:
# Die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, ontmoet vandag die gemeenskappe van die Lily-myn in Mpumalanga. Hy sal verslag doen oor planne om die Lily- en Barbrook-goudmyn te heropen. Die oorskot van drie Lily-mynwerkers is steeds ondergronds nadat ‘n skeepsvraghouer waarin hulle gewerk het, in 2016 in ʼn sinkgat by die myn geval het. Die myn is ná die voorval gesluit en meer as een-duisend-500 werkers het hul werk verloor.
# Vier mense is dood en sowat 20 beseer nadat die dak van ʼn tweeverdiepinggebou op die gewilde Spaanse eiland Majorka ineengestort het. Talle mense is vermoedelik nog onder die puin vasgekeer. Die BBC berig plaaslike polisie het aan verslaggewers gesê die balkon het vermoedelik meegegee omdat te veel gewig daarop geplaas is, maar het benadruk dat die presiese oorsaak nog ondersoek word. Spanje se eerste minister, Pedro Sánchez, sê hy hou die situasie noukeurig dop en sy regering sal al die nodige hulp daarheen stuur.
# Tennis: Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, is deur na die halfeindstryd van die Genève Ope. Die 37-jarige Serwiër het Tallon Griekspoor van Nederland met 7-5, 6-1 geklop vir ‘n kragmeting met die Tsjeg Tomas Machac, in die laaste vier. Die 24-malige Grand Slam-kampioen gaan hierna na Roland Garros in die hoop om sy titel te verdedig. Djokovic sê Griekspoor was ‘n taai teenstander:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-97-sent teen die euro en 23-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-653-dollar-7-sent. Die prys van goud is twee-duisend-333-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….