Nuus 08:00
BULLETIN 21 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika verwelkom die Wêreldhof se versoek vir lasbriewe
# Netanyahu sê hy is gewalg deur die lasbrief vir sy inhegtenisneming
# En die stigter van die MK-party nader die hof om sy verwydering tersyde te stel
# Suid-Afrika het die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof, Karim Khan, se versoek dat lasbriewe uitgereik word vir Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, sy minister van Verdediging en drie Hamas-leiers, verwelkom. Die lasbriewe is vir vermeende oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê almal moet gelyk wees voor die reg om die internasionale oppergesag van die gereg te laat geld en aanspreeklikheid te verseker vir diegene wat misdade pleeg:
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het intussen die aansoek vir sy inhegtenisneming as absurd en vals bevel verwerp. Netanyahu sê Khan se optrede is net ʼn poging om Israel die basiese reg tot selfverdediging te ontneem:
# Die MK-party se stigter, Jabulani Khumalo, het ʼn dringende aansoek by die Verkiesingshof ingedien. Hy versoek dat die Verkiesingskommissie se besluit om hom te verwyder en oudpresident Jacob Zuma as die party se president aan te stel, as ongeldig en onregmatig verklaar en tersyde gestel word. Hy wil ook hê die hof moet die OVK beveel om hom as die party se president te erken. Khumalo sê Zuma het twee duidelike, onregmatige en prosedurele besluite geneem om hom as president te verwyder en sy partylidmaatskap te beëindig.
# ActionSA se president Herman Mashaba en Tshwane se onderburgemeester, Nasiphi Moya, maak vandag ʼn vorderingsverslag bekend oor pogings om die waterkrisis in Hammanskraal te beëindig. Dit volg ná aansienlike vordering by die Rooiwal-watersuiweringsaanleg. Malaika Ditabo van ActionSA sê die party het moeite gedoen met die waterkwessie in Hammanskraal en selfs sy eie ondersoek gedoen om die watergehalte onafhanklik te laat toets:
# Sokker: Liverpool het Arne Slot as hul nuwe hoofafrigter aangestel met ʼn kontrak vir drie jaar. Die Feyenoord-baas vervang Jurgen Klopp, wat Sondag in beheer was van sy laaste wedstryd teen Wolves, nadat die Duitser die afgelope nege jaar op Anfield was. Slot het in April die Nederlandse Beker beklink en Feyenoord in die 2022/2023-seisoen tot hul eerste titel in ses jaar gelei. Die 45-jarige Slot sê dit was moeilik om ʼn geleentheid te ignoreer om by een van die grootste klubs in die wêreld ʼn Premierliga-hoofafrigter te word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-75-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-289-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-410-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….