Nuus 08:00
BULLETIN 13 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Luke Fleurs se familie vergewe beweerde moordenaars, en vra geregtigheid
# ‘n Vakbond veroordeel die Poskantoor-afleggings te midde van hoë werkloosheid
# En, rugby: Die Bulle en die Haaie het steeds ‘n kans om Europese trofees te verower
# Die familie van die Kaizer Chiefs-verdediger Luke Fleurs sê hulle het sy beweerde moordenaars vergewe maar eis geen borgtog nie en wil geregtigheid sien. Ses verdagtes het in die Landdroshof in Roodepoort verskyn op aanklagte wat moord, roof en die besit van onwettige vuurwapens insluit. Fleurs is tydens ‘n mislukte kaping in Johannesburg doodgeskiet. Sy pa, Theo Fleurs, moedig ouers aan om hulle kinders te help om weg te bly van misdaad af:
# Die vakbond, National Union of Public Service and Allied Workers veroordeel die Suid-Afrikaanse Poskantoor vir die uitreiking van sowat vier-duisend-700 afleggingsbriewe te midde van die sluiting van 235 poskantore regdeur die land. Die vakbond is woedend dat die Poskantoor voortgaan met die afleggings ondanks ‘n reddingsboei van 2,4-miljard-rand in verlede jaar se nasionale begroting en ‘n verwagte bykomende 3,8-miljard-rand. Caswell Mthombeni van NUPSAW kritiseer die regering omdat hy nie ingryp en werksgeleenthede red nie, veral gedurende ‘n tyd van hoë werkloosheid, armoede en ongelykheid:
# Minder as twee maande voor Europese kiesers in 27 lande aan die EU-Parlementsvekiesings deelneem, sê België hulle ondersoekk pro-Russiese netwerke wat probeer om die verkiesing te beïnvloed. Die eerste minister Alexander de Croo beweer Rusland se doel was om meer pro-Russiese kandidate in te bring. BBC News berig die Tsjeggiese regering het ook onlangs gesê hy het ‘n pro-Kremlin-netwerk ontbloot. Volgens intelligensie-agentskappe in Praag en Pole word die Voice of Europe nuuswebtuiste deur Moskou gefinansier om propaganda te versprei.
# Rugby: Twee Suid-Afrikaanse spanne het steeds ‘n kans op twee Europese trofees. Die Springbok-slot Eben Etzebeth is terug na ‘n besering en sal vandag in die Uitdaagbeker-kwarteindstryd in Durban vir die Haaie speel teen die Skotse span Edinburgh. In die kwarteindronde van die Kampioenebeker sal Northampton Saints die Bulle in Engeland pak. Die Bulle se direkteur van Rugby, Jake White, het nie minder nie as 14 veranderings aangebring aan die opdraf-15-tal wat Lyon verlede naweek in Pretoria afgeransel het.
# En ten slotte: Die Twee Oseane-akwariumstigting het planne onthul vir ‘n nuwe seeskilpadbewaringsentrum by die V&A Waterfront in Kaapstad. Die sentrum sal ‘n seeskilpadrehabilitasiesentrum, opvoedingsgeriewe, uitstalruimte, ‘n restaurant en ‘n navorsingsperseel insluit. Bouwerk sal in 2026 begin. Die inisiatief is gemik op die toenemende behoefte aan seeskilspadsorg te midde van klimaatsverandering en die bedreigings van plastiekbesoedeling. Oor die afgelope twee dekades het die akwarium meer as ‘n duisend seeskilpaaie in die see vrygelaat, wat bekende gevalle insluit soos Bob en Novombu.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….