Nuus 11:00
BULLETIN 16 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu steun die regering se vrystelling van oorskotreserwes van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
# Die DA bewyer hom vir ramphulp vir die landbousektor in die Vrystaat
# En, tennis: Iga Swiatek haal die Indian Wells-eindronde met groot gemak
# Cosatu is ingenome met die regering se nugtere benadering om oorskot-reserwes van die Suid-Afrikaanse Reserwebank vry te stel. Die regering ondervind ernstige fiskale druk saam met ‘n pynlike inkomste-tekort. Cosatu se waarnemende woordvoerder Matthew Parks, loof die vrystelling van 100-miljard-rand vanjaar, 25-miljard-rand in 2025 en 25-miljard-rand in 2026 om fiskale druk te verminder en te verseker die SARB kan steeds die waarde van die rand en die ekonomie beskerm:
# Die DA in die Vrystaat beywer hom vir ramphulp vir die landbousektor, wat onder ‘n erge hittegolf en droogte deurloop. Daar is ook die bedreiging van nog ‘n brandseisoen. Roy Jankielsohn sê die regering moet ingryp want die landbousektor verskaf voedselsekerheid en maak ‘n betekenisvolle bydra tot die provinsiale bruto nasionale produk en werkskepping:
# Die Nasionale Krugerwildtuin is verheug oor die vonnis van 17 jaar wat die Skukuza-streekhof aan Mbongeni Ngobeni vir renosterstropery op gelê het. Ngobeni, wat verhoor ontduik het ná borgtog in 2019, het tereggestaan op aanklagte van onder meer die jag van renosters, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en betreding van die park. Sy skuldigbevinding dui op ‘n oorwinning teen stropery. Die parkbestuur sê hulle gaan voort met hul pogings om wildlewe-misdaad te bekamp en bedreigde spesies te beskerm.
# Tennis: Die wêreld se nommer-een-speler en toernooi-gunsteling, Iga Swiatek, het gemaklik die eindronde van Indian Wells gehaal toe sy Marta Kostyuk afgeransel het. Die Poolse speler het haar 21-jarige teenstander van Oekraïne oorheers om met 6-2, 6-1 te wen en haar tweede WTA 1000-eindronde van die jaar te haal. Swiatek pak môre die wenner van die tweede halfeindstryd tussen Coco Gauff en Maria Sakkari, wanneer sy na haar 19de loopbaantitel mik.
# En om op ‘n onwelriekende noot af te sluit : Aansoeke is oop vir werk by Antarktika se beroemde ‘pikkewyn-poskantoor’. Suksesvolle aansoekers moet self-gemotiveerd en empaties wees en nie omgee om slegs elke twee weke te stort nie. Sky News berig die perseel in Port Lockroy is die mees suidelike poskantoor in die wêreld en dit ruik gereeld na pikkewyn-poefies. Die Antarktiese Erfenistrust sê daar is dié jaar drie poste beskikbaar en dit is slegs vir VK-burgers oop.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….