Nuus 13:00
BULLETIN 9 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingskommissie begin die gehalte van kandidaatlyste nagaan
# Die ANC vra vir ‘n ondersoek na ‘n ongemagtigde openbaarmaking van sy kandidaatlyste
# En, fietsry: Verskeie tydelike padsluitings vir vandag en môre gedoen om die Kaapstad Fietstoer te akkommodeer
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal gehalteversekering begin toepas op die ingediende verkiesingskandidaat-lyste. Politieke partye het tot vyf-uur gistermiddag tyd gehad om hulle kandidaat-lyste vir die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers in te dien, sowel as hulle verkiesingsdeposito’s. Die adjunk-verkiesingsoperasies-beampte, Masego Sheburi, sê geen verlenging is toegestaan vir laat indienings nie:
Die ANC dring intussen aan by die Onafhanklike Verkiesingskommissie om dringend ondersoek in te stel na die ongemagtigde openbaarmaking van sy kandidaatlyste vir die nasionale en provinsiale verkiesing. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, onderstreep die moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting en die onregverdige voordeel wat dit opposisiepartye gee.
# Al Jama-ah stel vanmiddag sy manifes in Lenasia in die suide van Johannesburg bekend. Die party is 17 jaar gelede gestig en is die eerste Moslem-politieke party wat verteenwoordig word in die parlement en in die Gautengse en Wes-Kaapse wetgewers. Die president van Al Jamah-Ah, Ganief Hendricks, sê dit dis tyd vir verandering en dat die party, hoewel dit ‘n Moslem-party is, alle godsdienste akkommodeer:
. # Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Turk, sê Israelse nedersettings in die besette Palestynse gebiede het met ‘n rekordaantal toegeneem en daar is ‘n risiko dat dit enige praktiese moontlikheid van ‘n Palestynse staat kan uitskakel. Reuters berig, Turk waarsku, die groei van Israelse nedersettings kom neer op die oordra deur Israel van sy eie bevolking, wat hy benadruk, ‘n oorlogmisdaad is. Die Amerikaanse Biden-administraste het verlede maand gesê die nedersettings is “strydig” met internasionale wette, nadat Israel nuwe behuisingsplanne aangekondig het vir die besette Wesoewer.
# En ons sluit af met belangrike fietsrynuus: Tydelike padsluitings in ingestel vir die naweek se Kaapstadse Fietstoer. Dit sluit in, paaie in die middestad, rondom die Kaapstad-stadion en ook in die suidelike voorstede. Helen Suzman-boulevard van Strandstraat tot by die verkeersirkel sal reeds van tweeuur vanmiddag af tot nege-uur môreaand gesluit wees. Intussen word Chapmanspiek van ses-uur vanaand tot ses-uur môreaand gesluit. Nelson Mandela-boulevard, inkomend van Strandstraat af, word sewe-uur vanaand tot vier-uur môremiddag gesluit. Die volledige lys padsluitings en uitkykpunte vir toeskouers, vriende en familie van fietsryers is beskikbaar by www.capetowncycletour.com.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….