Goeie Nuus
BULLETIN 7 Maart
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die Nasionale Departement van Vervoer bied die eerste Vragmotorbestuurder-veiligheid-en-welstand-simposium in Boksburg aan met die tema: “Jou welstand is vir ons belangrik”. Die Gautengse LUR vir Vervoer en Logistiek, Kedibone Diale Tlabela, sê hierdie geleentheid het ten doel om vragmotorbestuurders en ander motoriste se veiligheid op die paaie te bevorder. Tlabela sê vragmotorbestuurders sal aangemoedig en ook geloof word vir gladde bedrywighede binne die vraglogistieke bedryf:
# Die eThekwini Munisipaliteit het onlangs die tweejaarlikse Water- en Sanitasie-leerderkonferensie aangebied, as deel van pogings om vernuwende oplossings te vind vir watervolhoubaarheid en verbeterde sanitasie. Leerders van 50 skole uit landelike en stedelike gebiede het die konferensie bygewoon. Hulle het hulle oplossings in vier kategorieë aangebied, naamlik modelle, voorleggings, digkuns en plakkate. Die burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê die deelnemende skole het ook prysgeld van 150-duisend-rand gedeel:
# Die Helderberg Academy of Theatre bied sy derde kinderproduksie, Peter Pan, by die Playhouse in Somerset-Wes, Kaapstad, aan. Francois Retief speel die hoofrol as die dikwels chaotiese maar altyd welmenende Peter Pan, terwyl Captain Hook deur Leizl Rice vertolk word. Sheraine de Vries verras gehore met haar vertolking van die parmantige Tinkerbell. Darryl Spijkers is die regisseur en die verteller is die Playhouse-gunsteling, Zané Habig. Die produksie begin vandag en die speelvak duur tot die 16de van die maand.
# Roei: Die Universiteit van Fort Hare sê die student Asekho Jara het nooit leierskap as haar sterkste eienskap beskou nie – totdat sy twee jaar gelede begin roei en ‘n nuwe aspek van haarself ontdek het. Die 21-jarige, wat goud ingepalm in die vroue viertal-afdeling van die onlangse Buffalo-regatta, het as ‘n indrukwekkende leier ontpop vanwaar sy op die agterkant van die roeiboot die pas aangegee het. Jara het ‘n graad in B.Com Regte en is besig met ‘n twee-jaar LLB-kwalifikasie. Sy het in Januarie 2022 aan die sport begin deelneem.
# En, die landbou-organisasie TLU SA sê die 20ste Goliat van Gat-pampoenfees wat die 16de van die maand op die Pretoriase boeremarkterrein plaasvind, kan moontlik met die grootste pampoen ooit spog. Wykus Lamprecht hou die huidige rekord met ‘n bielie wat 890 kilogram geweeg het. TLU SA se voorsitter, Henri Combrink, sê hulle hoop daar is vanjaar ‘n pampoen wat ʼn volle ton weeg. Hy sê hulle het ʼn bykomende prys van 25-duisend-rand beskikbaar gestel om kwekers aan te spoor:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….