Nuus 12:00
BULLETIN 1 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Dan Marokane aanvaar rol as Eskom-hoof
# Vier verdagtes vas na DA-raadslid in Jeffreysbaai geskiet is
# En, Tennis: Venus Williams, Wozniacki en Raducanu as promotorskeuses in Miami Ope ingesluit
# Dan Marokane se termyn as uitvoerende hoof van Eskom begin vandag amptelik. Hy was van Januarie 2010 tot Junie 2015 ‘n senior uitvoerende beampte by die kragvoorsiener en is dus goed bekend met die nutsmaatskappy se werksaamhede. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê Marokane is terug by die kragvoorsiener in ‘n tydstip waar daar ‘n bestaans-uitdaging is. Sy sê daar is beduidende veranderings wat praktiese, dapper en beslissende leierskap vereis:
# Die vervoervakbond Satawu het die aanstelling van Michelle Phillips as Transnet se hoofbestuurder verwelkom. Phillips het meer as 20 jaar ondervinding in staatsinstellings en het in die pos waargeneem nadat verskeie senior amptenare verlede jaar bedank het. Satawu sê haar ondervinding sal help om Transnet weer op die wenpad te kry. Die Nasionale Tesourie het ‘n reddingsboei van 47-miljard-rand verskaf vir Transnet se regrukproses en om sy skuld te diens.
# Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die skietvoorval waarin ʼn DA-raadslid, Jaques Alexander, in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap gewond is. Volgens die polisie het die 49-jarige Alexander sy voertuig buite die Kouga-munisipaliteit se kantoor parkeer toe twee mans op hom losgebrand en daarna in verskillende rigtings gevlug het. Die polisie het hulle vinnig vasgetrek. Die ander twee verdagtes wat in die gesteelde wegkommotor was, is in Da Gamastraat aangekeer. Alexander is die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Kommunikasiedienste.
# Tennis: Die driemalige Grand Slam-kampioene, Venus Williams van Amerika, Caroline Wozniacki van Denemarke en die Brit Emma Raducanu, is as promotorskeuses in die Miami Ope ingesluit. Wozniacki, ‘n finalis in 2017, keer vir die eerste keer sedert 2019 na die tennisbaan terug nadat sy drie jaar gerus het ná die geboorte van haar twee kinders. Die 2022-kampioen, Iga Swiatek van Pole, en die wenner van die Australiese Ope, Aryna Sabalenka van Belarus, is van die top gekeurdes wat van 17 Maart af in die toernooi speel.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-22-sent teen die dollar, 20-rand-79-sent teen die euro en 24-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-155-dollar-37-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-39-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-82-sent per vat.
# En, laastens: Die departement van Water en Sanitasie sê hy begin vandeesmaand met sy bewusmakingsprogramme. Dit is deel van die program vir Nasionale Watermaand wat met die herdenking van Wêreld-waterdag op 22 Maart sal saamval. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die Verenigde Nasies plaas op Wêreld-waterdag klem op die wêreldwye waterkrisis en skep bewustheid vir die feit dat 2,2-miljard mense nie toegang tot skoon water het nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….