Nuus 13:00
BULLETIN 27 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa verleng Edward Kieswetter se termyn
# ‘n Hof in Limpopo stel moordsaak van ‘n Duitse toeris uit tot Maandag
# En, Rugby: Bulle wil reeks nederlae teen Stormers beëindig
# President Cyril Ramaphosa het die ampstermyn van die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, met twee- jaar verleng. Die besluit het ten doel om ‘n ordelike leierskaps-oorgang binne die organisasie te bevorder. Kieswetter, wat aanvanklik in Maart 2019 vir ‘n vyf-jaar termyn aangestel is, sal voortgaan om die uitvoering van die huidige strategiese rigting van die diens te lei, terwyl daar ‘n gladde oorgang in leierskap sal wees.
# Drie Zimbabwiërs wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Duitse toeris in Limpopo vermoor het, moet Maandag na die Northam-landdroshof terugkeer. Jan Moshabi, Abstein Madzvimbo en Thomas Moyo staan tereg op aanklag van moord en oortreding van die Immigrasiewet nadat die 74-jarige Herman Westphal die afgelope naweek in die dorp aangerand en vermoor is. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê die saak is uitgestel sodat die beskuldigdes regsverteenwoordiging kan kry:
# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê baie werk is afgehandel, veral wat die regstellings betref wat in twee van die drie bevindings van die Ouditeur-generaal uitgewys is. Dit is kontantvloei en geld betaal aan krediteure. Die Metro verwag die ouditverslag vir die 2023/2024-boekjaar binne die volgende paar weke, nadat hy ‘n swak ouditverslag vir die vorige boekjaar ontvang het. Brink sê die doelwit is nie voldoening nie, maar om maksimum aanspreeklikheid te verseker en die beste waarde te verkry vir die geld wat namens inwoners bestee word.
# Rugby: Die twee voorste Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap pak mekaar Saterdag op Loftus Versfeld. Die Bulle, tans derde, wil graag die bordjies verhang nadat die Stormers, wat sesde is en hulle vorige vyf kragmetings teen die Pretorianers gewen het. Die Bulle se hulpafrigter, Andries Bekker, sê hulle hoop op meer deurlopendheid:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-19-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 24-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-616-dollar-20-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-35-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-65-sent per vat.
# En, om mee af te sluit: Social Kids ZA doen ‘n beroep op ouers om hul kinders, onder die ouderdom van 11, pro-aktief op te voed oor die risiko’s en gevare verbonde aan digitale media. Hierdie veldtog volg op die toenemende voorkoms van kinders wat by digitale platforms betrokke raak sonder ‘n volle begrip van die potensiële risiko’s. Die stigter van die organisasie, Cheryl Barnett, sê sy het ‘n gespesialiseerde program ontwikkel wat daarop gemik is om ouers by te staan:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….