Nuus 11:00
BULLETIN 23 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Saftu beskuldig Amplats dat hy werkers afdank om meer wins te maak
# Die Presidensiële Klimaatskommissie vra belanghebbendes om aan openbare verhore oor die Klimaatswetsontwerp deel te neem
# En, Amerika gaan nog sanksies teen Rusland instel
# Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê hy is sterk gekant teen die verwagte werksverliese by Anglo American Platinum. Amplats het ‘n Artikel 1-8-9-A-proses aan die gang gesit wat waarskynlik tot die afdanking van drie-duisend-700 werkers gaan lei. Die maatskappy wil koste met vyf-miljard-rand verlaag. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Amplats wil werkers afdank om wins te verhoog en dis onaanvaarbaar:
# Die Presidensiële Klimaatskommissie vra alle rolspelers om aktief deel te neem aan die Provinsiale Raad van Provinsies se openbare verhore oor die Klimaatswetsontwerp. Die Nasionale Vergadering het reeds die wetsontwerp goedgekeur en dis tans vir oorweging by die Raad van Provinsies. Die kommissie se ondervoorsitter, Valli Moosa, sê die wetsontwerp sal ʼn billike oorgang na ʼn klimaatbestande, billike en internasionaal mededingende laekoolstof-ekonomie en -samelewing ondersteun. Hy sê dit sal die weg baan vir ʼn nuwe era in die instelling van ʼn doeltreffende klimaatsveranderingreaksie vir Suid-Afrika.
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se provinsiale rede was ʼn hersamevatting van ou, onvervulde beloftes. Die party se woordvoerder, Anton Alberts, sê al die voorbeelde wat die premier as tekens van vordering voorgehou het, was bewyse van die provinsie se agteruitgang onder die ANC. Hy sê Gauteng se inwoners het nie ʼn polisiestaat nodig nie, maar ʼn groeiende ekonomie waar behoorlike werksgeleenthede geskep word om mense se waardigheid te herstel:
# Amerika gaan vandag sanksies instel teen meer as 500 Russiese ondernemings. Dis die grootste stel sanksies sedert Moskou Oekraïne meer as twee jaar gelede ingeval het. Amerika se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê die nuwe maatreëls sal ʼn breë reeks elemente dek wat verband hou met die Russiese verdediging se nywerheidsbasis en inkomstebronne vir die land se ekonomie wat die oorlog befonds. Sullivan beskryf die pakket as nog ʼn stap om Moskou vir die oorlog aanspreeklik te hou.
# Rugby: Skotland se afrigter, Gregor Townsend sê môre se wedstryd teen Engeland is hul belangrikste dié seisoen. Hy het drie veranderings aangebring vir die stryd in die derde ronde van die Sesnasies-kragmeting op Murrayfield. Blair Kinghorn, Kyle Steyn en Jamie Ritchie is terug in die span. Skotland wil Engeland môre vir die eerste keer in 52 jaar vir ‘n vierde agtereenvolgende keer klop. Townsend sê ‘n tuiswedstryd teen hul grootste teenstander, is iets spesiaal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-23-sent teen die dollar, 20-rand-82-sent teen die euro en 24-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 51-duisend-en-ses-dollar-78-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-21-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-15-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….