Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 22 Februarie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die minister van Finansies, Enoch Godongwana het in sy begroting daarin geslaag om met die hulp van winste op die buitelandse reserwes ’n geloofwaardige pad uit te stippel om Suid-Afrika se skuldspiraal te stuit. Daar is egter geen verligting vir individuele belastingbetalers nie.
GAUTENG:
# Beeld:
Staan sy hele voorblad af aan Godongwana se begrotingsrede en gee ‘n volledige uiteensetting van die uitwerking van die begroting op sy lesers.
Die koerant skryf ekonome het sy aankodiging oor Suid-Afrika se goud- en valutareserwes verwelkom, maar gewaarsku kragtige wetgewing is nodig om die gebruik van die geld te reguleer.
# The Star en Pretoria News:
Skryf ook oor die begroting. Volgens die koerant is geen voorsiening gemaak vir werkloses nie en verbruikers is ongelukkig oor die skerp styging in die sogenaamde sondebelasting.
Tweedens word berig die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester is glo nie gelukkig met die kos wat hy in die tronk kry nie.
# Sowetan:
Lei met: “RAINY DAYS ARE HERE”. Die koerant berig Mzansi breek die sentrale spaarvarkie om skuld te betaal.
# En The Citizen:
Skryf volgens ekonome was die begrotingstoespraak niks meer as ‘n verkiesingstoespraak vir die ANC nie.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Het dieselfde hoofberig as Beeld oor die begrotingsrede.
En tweedens word berig die staat het gister sy saak teen Rudi Gericke in die Sorour-moordsaak in Ficksburg afgesluit en gevra dat hy skuldig bevind moet word aan onder meer moord en aanranding.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei ook met die begroting en het dieselfde hoofberig as die ander Media24-susterkoerante.
En tweedens skryf die koerant die polisie is opsoek na die 6-jarige Joslin Smith van Saldanha wat verdwyn het nadat sy deur haar ma, Kelly haar by haar kêrel gelos is omdat sy siek gevoel het.
# En Cape Times:
Skryf daar is geen voordeel vir diegene wat die 350-rand-toelae ontvang nie.
En berig die ANC het vir die DA gesê kaderontplooiing gaan nie gestaak word nie.
Die koerant het ook ‘n volkleur-straatplakkaat oor die verdwyning van Joslin Smith.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die vervaardiging van elektriese voertuie het ‘n hupstoot van die regering gekry met Godongwana wat inisiatiewe in die begroting aangekondig het om nuwe beleggings aan te moedig.
En tweedens skryf die koerant honderde vuurwapens word na bewering steeds vermis nadat ‘n Gqeberha-wapenhandelaar in hegtenis geneem is.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf eThekwini sê 90-persent van Durban se strande is uitstekend, en daar is slegs drie strande by die monding van die Umgeni-rivier wat weens die publiek se veiligheid gesluit moes word.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig Windhoek se geldsake lyk nie so beroerd soos ’n verslag van die ouditeur-generaal dit wil laat blyk nie.
En skryf tweedens Namibië is op die rand van ’n energie-rewolusie, wat hoofsaaklik gedryf word deur die integrasie van sogenaamde vyfde-generasie-selfoontegnologie.