Nuus 17:00
BULLETIN 16 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Polisie kondig voortgesette pogings aan teen die konstruksiemafia
# ‘n Dertien-jarige leerder is gearresteer nadat ‘n Gautengse skoolhoof geskiet is
# En rugby, Jake White dink nie privaat belegging gaan top-Springbokke terugbring huis toe nie
# Die minister van Polisie, Bheki Cele, het ‘n toename in inhegtenisnemings teen die konstruksiemafia aangemeld, met 61 verdagtes wat sedert April aangekeer is. Noemenswaardige suksesse sluit in die verhindering van ‘n afpersingspoging op ‘n behuisingsprojek ter waarde van 320-miljoen-rand in Randfontein, Gauteng. Cele het ‘n nuuskonferensie gehou oor die kwartaallikse misdaadstatistiek en sê die Wes-Kaap het aansienlike vordering getoon met die uitroei van die konstruksiemafia, wat gelei het tot die inhegtenisneming van beweerde sleutelfigure soos Ralph Stanfield en Nafiz Modack:
# Die Universal Basic Income Coalition kritiseer die regering oor die instel van strafmaatreëls in die toelaeregulasies. Dit sluit in ‘n voorstel om fondse te verhaal van begunstigdes wat vermoedelik onreëlmatig bevoordeel is, of nie in aanmerking gekom het nie. Die koalisie meen die regering het nagelaat om aandag te skenk aan uitsluitingsbepalings, wat miljoene verhinder om toegang tot die toelaag te kry. Hy versoek die regering om die Maatskaplike Noodverligtingstoelaag uit te brei en ‘n basiese inkomstetoelaag in te stel as deel van ‘n inklusiewe ontwikkelings-beleidraamwerk.
# ‘n Dertien-jarige leerder is in hegtenis geneem omdat hy na bewering die skoolhoof by ‘n skool in Primrose, Germiston in Ekurhuleni, geskiet het. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê ondersoeke is aan die gang, insluitend die opsporing van die vuurwapen se oorsprong. Die tiener sal binnekort in die hof verskyn:
# Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, is in die tronk dood. Hy het tronkstraf van 19 jaar in die Arktiese gevangenis-kolonie uitgedien. Rusland se federale gevangenisdiens sê Navalny het sy bewussyn verloor nadat hy gaan stap het en mediese personeel kon hom nie bybring nie. Die land se Ondersoekkomitee sê hulle het ‘n ondersoek na sy dood begin. Russiese nuusagentskappe haal president Vladimir Putin se woordvoerder aan wat sê die president is van Navalny se dood in kennis gestel. Die 47-jarige Navalny het ʼn groot aanhang gehad weens sy kritiek teen korrupsie in Rusland.
# Rugby: SA Rugby het hierdie week bevestig hy beraadslaag met ʼn privaat beleggingsmaatskappy, maar sê die 14 unies moet enige ooreenkoms wat hulle bereik, eers goedgekeur. Dit sal ʼn finansiële hupstoot beteken, asook ervaring, netwerke en hulpbronne beskikbaar stel om die handelswaarde van SA Rugby te bevorder. Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, is nie oortuig die kapitaal-inspuiting sal topspelers na Suid-Afrika teruglok nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 52-duisend-367-dollar-92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-6-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….