Nuus 11:00
BULLETIN 13 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Kritieke kragonderbrekings wat infrastruktuur benadeel, is die grootste gevaar vir Suid-Afrika
# Die Vryheidsfront Plus sê die stand van finansiële bestuur in ANC-beheerde munisipaliteite is skokkend
# En krieket, Ruan de Swardt se eerste vyftigtal red die Proteas
# Kritieke kragonderbrekings wat infrastruktuur benadeel, is uitgewys as die grootste risiko in Suid-Afrika. Dit is volgens die Allianz Risk Barometer 2024, wat moontlike risiko’s en geleenthede in 83 verskillende ekonomieë identifiseer. Die tweede risiko wat uitgewys word, is die redelik stadige indiensnemingskoers. Die Allianz Trade wat in Frankryk gebaseer is, sê die land se onbestendige elektrisiteitsvoorsiening en sy swak reputasie wat die volhoubaarheid van staatskuld betref, kan die risiko verhoog. Hy sê geskille tussen die politieke elite het tot maatskaplike onrus gelei wat ‘n uitwerking het op die institusionele raamwerk en voorspelbaarheid van regeringsoptrede.
# Die Vryheidsfront Plus sê die Ouditeur-generaal se verslag wat verlede week in die Parlement ter tafel gelê is, skets ʼn somber prentjie van die finansiële bestuur in veral ANC-beheerde munisipaliteite. Die verslag het onthul min vordering is gemaak om die 5,2-miljard-rand terug te kry wat in die 2021/2022-boekjaar verlore gegaan het. Michal Groenewald van die VF Plus sê dis ondermeer as gevolg van wanbestuur en korrupsie by 170 munisipaliteite:
# Die ANC in Gauteng sê die Konstitusionele Hof se beslissing oor die party se kaderontplooiingsrekords is ʼn oppervlakkige oorwinning vir die DA. Die hof het die regerende party vyf dae kans gegee om sy kaderontplooiingsrekords sedert Januarie 2013, toe president Cyril Ramaphosa voorsitter geword het, te oorhandig. Die voorsitter van die ANC in Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die party ontplooi nie enige lid wat nie vir die werk gekwalifiseer is nie. Hy voeg by daar is ʼn ernstige misverstand oor wat kaderontplooiing is:
# Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het kommer uitgespreek oor die toenemende geweld in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Skermutselings tussen die M23-rebelle en die land se weermag het onlangs verskerp. Die M23 is een van tientalle gewapende groepe wat lank reeds die land se mineraalryke ooste teister om beheer daaroor te kry. Guyana se ambassadeur, Carolyn Rodrigues-Birkett, sê raadslede het hulle volle ondersteuning vir die DRK se soewereiniteit, eenheid en territoriale integriteit bevestig:
# Krieket: Suid-Afrika het teen uitskeityd op die eerste dag van die tweede toets teen Nieu-Seeland in Hamilton 220 vir ses gehad. Die Proteas was op 101 vir vyf in die moeilikheid toe Ruan de Swardt sy plek voor die paaltjies ingeneem het. Hy het egter 55 lopies van 135 balle gemoker en daarmee sy eerste vyftigtal aangeteken. Hy en die nuweling Shaun von Berg het ‘n vennootskap van 70 nie uit nie om die sewende paaltjie aangeteken. Rachin Ravindra het vir die Nieu-Seelanders uitgeblink met drie paaltjies.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 50-duisend-en-58-dollar-55-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-24-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….