# Sokker: Arsenal het ‘n hupstoot gekry voor vandag se Premierliga-besoek aan Newcastle, met die verdediger William Saliba wat fiks verklaar is na ‘n lang afwesigheid weens ‘n besering. Die afrigter, Mikel Arteta sê Saliba is weer reg na hy van ‘n rugbesering herstel het wat hy tydens die Wêreldbeker-toernooi opgedoen het. Die Engelse vleuel Bukayo Saka sal egter vir nog vier weke uit wees weens ‘n dybesering wat hy verlede maand teen Bayern München opgedoen het. Die middelveldspeler Martin Zubimendi sal ook ‘n paar weke misloop nadat hy ‘n dyspierbesering tydens internasionale wedstryde opgedoen het.
Sokker: Saliba van Arsenal gereed om weer te speel, terwyl Saka nog ‘n maand buite aksie sal wees