# Motorsport: Formule Een gaan volgende seisoen voltydse wedrenbeamptes aanstel, in ‘n stap wat daarop gemik is om eenvormigheid in die toepassing van reëls te verbeter. Die sport se beheerliggaam, die FIA, sê hy sal aanvanklik ‘n klein groepie ervare beamptes werf wat saam met die bestaande deeltydse beamptes sal werk. Die program sal vanaf 2028 uitgebrei word, met die langtermyndoelwit om ‘n span van 12 tot 15 voltydse beamptes te gebruik. Voormalige renjaers sal steeds as spesialisbeamptes tydens byeenkomste dien. Die FIA sê die veranderinge sal besluitneming versterk en regverdigheid bevorder.
Motorsport: FIA stel vanaf 2027 voltydse wedrenbeamptes in Formule Een aan