Skip to content

Krieket: Cummins se bestuurder kap terug op kritiek oor skuurpapier-skandaal

# Krieket: Die Australiese toetskaptein, Pat Cummins, se bestuurder beskuldig kritici van onnodige histerie oor die balpeuterskandaal van 2018. Neil Maxwell hou vol daar is geen bewyse Cummins het geweet skuurpapier gaan gebruik word tydens die tweede toets teen Suid-Afrika in Kaapstad nie. Hy sê Cummins se posisie is reeds die afgelope agt jaar onveranderd. Maxwell glo ook die lang skorsing van Steve Smith, David Warner en Cameron Bancroft was oordadig. Bancroft het onlangs beweer die hele span het geweet van die skuurpapier-plan.