# Krieket: Die voormalige Australiese kolwer Cameron Bancroft beweer die hele span het geweet van die gebruik van skuurpapier tydens die skandaal in 2018 in Suid-Afrika waar daar met die bal gepeuter is. In ‘n verklaring sê Bancroft hy het die beweging van die bal bespreek met die boulers Pat Cummins, Mitchell Starc, Josh Hazlewood en Mitchell Marsh, wat vir hom terugvoer gegee het oor sy pogings om die bal te laat terug swaai. Hy erken ook hy het oor belangrike besonderhede stil gebly tydens Cricket Australia se oorspronklike ondersoek. Cummins het herhaaldelik ontken hy het van die bedrog geweet. Cricket Australia sê hy sal Bancroft se jongste bewerings oorweeg.
Krieket: Bancroft sê die hele Australiese span het van die skuurpapier-skandaal geweet