# Solidariteit se Skole-ondersteuningsentrum waarsku Gauteng se plasingskrisis is nie die stelsel se skuld nie. Die sentrum sê die aanlyntoelatingstelsel is nie daarvoor verantwoordelik dat 77-duisend aansoekers vir graad 1 en graad 8 vir die 2027-skooljaar steeds nie geplaas is nie. Hy skryf die situasie toe aan swak beplanning, kapasiteitsbeperkings en druk op skole in digbevolkte gebiede. Ane Janse van Rensburg van die sentrum sê die Departement moet optree om leerders te plaas en hul reg op basiese onderwys te beskerm. Sy vra ouers moet navraag doen oor hul aansoeke.
Solidariteit vra dringende optrede oor skoolplasings in Gauteng